SPOOKeFFEK
Paperback
Series: Spookeffek, Book 1
Please select the version of book you would like to purchase.
ISBN10: 1991455151
ISBN13: 9781991455154
Publisher: Malherbe Uitgewers
Published: Aug 10 2024
Pages: 186
Weight: 0.49
Height: 0.40 Width: 5.50 Depth: 8.50
Language: Afrikaans
ISBN13: 9781991455154
Publisher: Malherbe Uitgewers
Published: Aug 10 2024
Pages: 186
Weight: 0.49
Height: 0.40 Width: 5.50 Depth: 8.50
Language: Afrikaans
Bestaan spoke wel? As 'n wetenskaplike soos Albert Einstein sê dis moontlik, wie is ek en jy om te stry? En as jy steeds wil stry, doen jouself 'n groot guns en lees eers hierdie reeks verhale en dan praat ons weer. Sportheld Karel Dekker se lewe is op 17 so te sê verwoes. Nie net verloor hy beide sy ouers in 'n motorongeluk nie, maar ook sy een been. Die gestremde seun is kwaad oor hoe die lewe hom behandel, maar besluit tog om terug te veg. Hy gaan woon by sy ouma op Kangoberg, 'n dorp in die Klein-Karoo. Dis hier, in sy matriekjaar, waar hy sy lewe weer aan die gang moet kry. Hy ontmoet talle nuwe mense, o.a. die sogenaamde Super Ses, dié elitegroep in die skool. Die groep staan ook bekend as die !Kang's, 'n naam wat met 'n Khoisan klink uitgespreek word. Dinge tussen hom en die Super Ses draai egter skeef en spoedig kan hy die groep nie verduur nie. Karel word nou meer van 'n alleenloper en ontdek dat hy goed met die skryf van rekenaarspeletjies is. Die karakters in die speletjies noem hy die e!Kang's, na die lede van die Super Ses vernoem, elkeen met 'n eie interessante verhaal. In 'n muwwe kelder ontdek hy ook 'n ou rekenaar waarmee sy oorlede oupa eksperimente in kwantumfisika gedoen het. En net daar maak Karel 'n groot fout. Hy plaas sy oupa se program wat teleportasie doen saam met sy speletjies in dieselfde rekenaar en die onmoontlike gebeur: die e!Kang's teleporteer hulself oor die internet en in die vorm van kragtige energievelde, betree hulle die werklikheid.
Die e!Kang's trek nou ware skurke vas en doen uitstekende werk, maar die gediertes kan handuit ruk en moet hokgeslaan word. Met sy meisie Siti se hulp, sit Karel die e!Kang's agterna en 'n hele reeks ongelooflike avonture volg.
Also from
Louw, Dawie
Also in
Science Fiction
On the Calculation of Volume (Book I): Shortlisted for the 2025 International Booker Prize
Balle, Solvej
Paperback
$14.36
Red Rising 3-Book Box Set: Red Rising, Golden Son, Morning Star, and an Exclusive Extended Excerpt of Iron Gold
Brown, Pierce
Paperback
$55.10
