• Open Daily: 10am - 10pm
    Alley-side Pickup: 10am - 7pm

    3038 Hennepin Ave Minneapolis, MN
    612-822-4611

Open Daily: 10am - 10pm | Alley-side Pickup: 10am - 7pm
3038 Hennepin Ave Minneapolis, MN
612-822-4611
Katrienkie - van hawegirl tot lady: 'n Selfhelpgids vir elkeen wat die hartseer van seksuele misbruik aan hul eie lyf ervaar het

Katrienkie - van hawegirl tot lady: 'n Selfhelpgids vir elkeen wat die hartseer van seksuele misbruik aan hul eie lyf ervaar het

Paperback

Abuse

ISBN10: 1542650453
ISBN13: 9781542650458
Publisher: Createspace
Published: Jan 26 2017
Pages: 66
Weight: 0.22
Height: 0.14 Width: 6.00 Depth: 9.00
Language: Afrikaans
Die boek Katrienkie vertel die aangrypende verhaal van 'n jong meisie se worsteling nadat sy seksueel misbruik is. Daar is baie boeke wat die traumatiese gebeure van seksuele misbruik in detail uitbeeld - Katrienkie is nie een van hierdie boeke nie. Hierdie boek is uniek deurdat die skrywer die traumatiese ervaring van verkragting as 'n gegewe konstateer en dan vanaf hierdie gegewendheid haar worsteling tot genesing boekstaaf. Die boek raak dan, soos sy dit self stel: 'n Selfhelpgids vir almal wat seksueel misbruik is. Deur Katrienkie se oë kry die leser insig in die psige van 'n verkragtingslagoffer - die worsteling, die vrae, hartseer en verwerping. Die beeld van iemand het by my ingebreek en iets by my weggevat, kom deurlopend voor, en dit is dan ook rondom hierdie beeld wat die genesingsproses op praktiese en kreatiewe wyse aangespreek word. Katrienkie is nie 'n storieboek nie. Dit is ook nie 'n hartseer verhaal nie. Dit is 'n reddingsboei vir elkeen wat die slagoffer van seksuele trauma was. Die boek is verder ook 'n hulpmiddel vir elkeen wat in die posisie is om daardie reddingsboei na die slagoffer uit te gooi: Predikante, maatskaplike werkers, sielkundiges en beraders. Katrienkie is geskryf deur Cara Blake, maatskaplike werker met bykans agtien jaar ervaring in die veld van maatskaplike werk. Cara was self die slagoffer van seksuele misbruik.

Also in

Abuse