• Open Daily: 10am - 10pm
    Alley-side Pickup: 10am - 7pm

    3038 Hennepin Ave Minneapolis, MN
    612-822-4611

Open Daily: 10am - 10pm | Alley-side Pickup: 10am - 7pm
3038 Hennepin Ave Minneapolis, MN
612-822-4611
Gemaskerde Bruidegom

Gemaskerde Bruidegom

Paperback

Mystery & Thriller

ISBN10: 1991455577
ISBN13: 9781991455574
Publisher: Malherbe Uitgewers
Published: Nov 26 2024
Pages: 236
Weight: 0.61
Height: 0.50 Width: 5.50 Depth: 8.50
Language: Afrikaans
Nia Vermoot sal enige iets doen om uit te vind wat van haar ouers geword het. Die laaste wat sy hulle gesien het, was die dag toe sy hulle op 'n vliegveld in Benoni gaan afsien het, vir 'n welverdiende vakansie saam met hulle vriende. Die ligte vliegtuig en sy passasiers was daarna nooit weer gesien nie.

Wanneer 'n bizarre geleentheid, vier maande later, d.m.v. 'n Internet-boodskap haar in staat stel om die nodige hulpmiddele te bekom om uit te vind wat met haar ouers gebeur het, word sy in die huwelik bevestig met die geheimsinnige Adam van Eeden, wat sy gesig met 'n masker bedek en sy oë verskuil hou agter 'n donkerbril.

Direk na die seremonie word hulle per helikopter na 'n afgeleë eiland vol gevare geneem, waar al die vroue wit, en die mans swart sluiers en slooprokke dra.

Op die eiland kom sy gou agter waarom sy na die eiland gebring is, maar wie is die erg verminkte vrou wat vir Adam so belangrik is dat hy bereid was om met haar te trou en haar 'n miljoen rand te betaal om na die pasiënt om te sien.

Waar pas Ula, die jongmeisie met die swart oë wat Nia byna slaafs van kop tot tone bedien, in Adam van Eeden se lewe?

Also from

Richards, Ria

Also in

Mystery & Thriller