• Open Daily: 10am - 10pm
    Alley-side Pickup: 10am - 7pm

    3038 Hennepin Ave Minneapolis, MN
    612-822-4611

Open Daily: 10am - 10pm | Alley-side Pickup: 10am - 7pm
3038 Hennepin Ave Minneapolis, MN
612-822-4611
Maanspiraal

Maanspiraal

Paperback

General Fiction

ISBN13: 9798357931849
Publisher: Independently Published
Published: Oct 13 2022
Pages: 274
Weight: 0.71
Height: 0.58 Width: 5.50 Depth: 8.50
Language: Afrikaans
Terwyl die maan in sy ewige spiraalbaan beweeg, word Adri gebore op Langverwacht, 'n plaas in die Boland, sonder om te weet na watter hoogtes en laagtes haar eie lewe se spiraalbaan haar sal neem.

Een van haar verkeerde besluite laat haar in die hartjie van die Karoo beland met 'n psigopatiese lewensmaat. George was 'n aantreklike rugbyspeler toe sy hom ontmoet het. Sy ouers was welgesteld en hy het 'n goeie opvoeding gehad. Sy sou nie in haar wildste drome kon voorspel dat hy 'n haas uit die hoed sou ruk en haar op 'n pad laat beland wat haar en haar kinders se lewens in gevaar sou stel nie.

Na vyftien jaar van ontberings, word sy gedwing om met haar vier kinders weg te vlug na die eerste plek waaraan sy kon dink. Met een sent in haar sak en 'n onbekende toekoms, maak sy 'n nuwe begin op Bredasdorp. Sy leer hoe om 'n geskeide vrou te wees in 'n plattelandse gemeenskap.

Met vasberadenheid en geloof kry sy haar kinders groot. Sy bou hulle karakters en probeer die skade herstel wat deur al die trauma veroorsaak is. Hulle leer almal weer lag en geniet 'n veilige tuiste.

Later bly Adri alleen agter nadat almal uit die huis is. Sy geniet haar vryheid en sien kans vir die uitdagings wat die lewe haar bied.

Al was George se ideaal om skatryk te word sodra hy van haar en haar gespuis ontslae geraak het, maak sy lewe 'n ander draai.

Also in

General Fiction