• Open Daily: 10am - 10pm
    Alley-side Pickup: 10am - 7pm

    3038 Hennepin Ave Minneapolis, MN
    612-822-4611

Open Daily: 10am - 10pm | Alley-side Pickup: 10am - 7pm
3038 Hennepin Ave Minneapolis, MN
612-822-4611
Sekondes Tel

Sekondes Tel

Paperback

General Juvenile Fiction

ISBN13: 9798359938792
Publisher: Independently Published
Published: Oct 24 2022
Pages: 154
Weight: 0.41
Height: 0.33 Width: 5.50 Depth: 8.50
Language: Afrikaans
Carmia de Jager bly van jongs af by haar ouma na haar ouers se noodlottige ongeluk. Na haar ouma se afsterwe, moes sy na 'n kinderhuis gaan, maar sy het haar ouma twee dinge belowe: dat sy haar lewensomstandighede sal verbeter, en dat God se lig altyd in haar oë sal skyn. Die een belofte kon sy nakom - sy het hard geleer en 'n studiebeurs losgeslaan om haarself as onderwyseres te bekwaam. Die tweede belofte is nie so maklik as jy God nie vrywillig in jou lewe toelaat nie.

Die nuus dat sy uit 'n kinderhuis kom versprei soos 'n veldbrand deur die kampus. Sommer gou word sy die teiken van haar kamermaat, Estelle, en haar groep snobistiese vriendinne wat neersien op die arme weeshuiskind. Wat dinge vererger, is die feit dat sy oorgewig is. Die kafeteria op kampus word vir haar 'n toevlugsoord, en dis waar sy Aiden - ook 'n outcast onder die studente - as vriend leer ken.

Een van Estelle se vriendinne wat ook deel is van die in-groep, kom een aand tot Carmia se redding toe sy weer 'n gespottery oor haar gewig moes verduur. Carmia oorweeg dit sterk om op te skop, maar dan onthou sy weer haar belofte aan haar ouma om iets beters met haar lewe te doen.

Mia, wat nooit werklik ingepas het by Estelle en haar vriende nie, word uit die elite-vriendekring geskop omdat sy opgestaan het vir Carmia. Carmia, Mia en Aiden raak beste vriende en vir die eerste keer in Carmia se lewe, leer sy wat dit is om ware vriende te hê. Elkeen met sy eie storie om te vertel.

Maar soos wat die duiwel dit wil hê, moes Carmia deur vele beproewings gaan voordat sy haar tweede wens aan haar ouma kon nakom - dat Sy lig altyd in haar oë sal skyn...

Die is n storie van hoop, dat God nooit sy kinders sal verlaat en Sy beloftes breek nie. Ons moet ons lewe vier. Ons moet warriors wees vir die Here tot op die einde. En elke sekonde maak tel.

Also from

Broodryk, Madelie

Also in

General Juvenile Fiction