Stofpadstories
Paperback
Please select the version of book you would like to purchase.
ISBN13: 9798468748107
Publisher: Independently Published
Published: Sep 1 2021
Pages: 294
Weight: 0.75
Height: 0.62 Width: 5.50 Depth: 8.50
Language: Afrikaans
Publisher: Independently Published
Published: Sep 1 2021
Pages: 294
Weight: 0.75
Height: 0.62 Width: 5.50 Depth: 8.50
Language: Afrikaans
Wanneer jy die R555 uit Middelburg neem, ooswaarts, Steelpoort se kant toe, kronkel jy al langs Bothasberg af tot op Stoffberg, waar hierdie boek afspeel. Stofpadstories is 'n bundel van vyf stories wat almal in dieselfde omgewing afspeel en op die een of ander wyse by mekaar aansluit. Die Bottelier van Bothasberg vertel die verhaal van Fransie, 'n aanvallige, vurige rooikop met 'n groot liefde vir die plaas en 'n hunkering na iemand met oupa-oë. Dan oortuig haar beste vriendin, Anna, haar om 'n bottelier aan te stel. Haar verbasing ken geen einde toe haar nuwe bottelier, Jakkie van Rensburg, 'n is man nie. Maar is Jakkie se motiewe edel...? En wat van sy donker verlede... Anna van Broederstroom: In die tweede verhaal leer ons vir Anna Cronje beter ken. 'n Beeldskone vrou wat van kleins af haar staal moes wys en ten spyte van groot hartseer en ellende vir haar 'n sinvolle lewe moes oopkap. Haar passie vir verpleging, haar ontmoeting met Gert en haar vrees om kinders voort te bring raak faktore wat haar lewe radikaal kan verander. Wat gaan die swaarste weeg - haar persoonlike geluk of haar vrees dat die geskiedenis homself sal herhaal? Hermanus van Hartelus: Hermanus en Sarie is twee pragtige jongmense met 'n groot liefde vir mekaar, pas verloof, op die punt om hulle lewe saam te begin. Maar dan gebeur daar iets tragies en moet hulle dit teen wil en dank die hoof bied. Gaan hulle liefde die aanslae van die lewe kan afweer... en wie is Martiens? Grondpaaie en teerstrate neem ons na die hole van die stad en die dwelmverslaafde Michelle en haar klein Jan-Hendrik. Hoe gaan sy uit hierdie afwentelende spiraal na totale selfvernietiging loskom? Is daar ooit nog iemand wat omgee? En sal sy haar lewe wÃl omdraai... Wat van klein Jan-Hendrik - 'n onskuldige kind wat nie hiervoor gevra het of dit verdien nie... En Michelle se minagting van haarself en of iemand haar ooit weer in liefde sal kan aankyk - veral Werner, wat reeds ervaar het hoe verslawing lewens kan verwoes. Spoorstawe en sinjale plaas ons op die spoor na die spoorwegstasie op Roossenekal en Gertruida Potgieter. 'n Petite jong meisie wat nie gediend is om net nog 'n tuisbly-mamma te word nie. Sy het groot planne en aspirasies om te gaan studeer en haar in 'n professionele beroep te vestig. Dit is egter makliker gesê as gedaan in 'n tyd waar vroue hoogstens verpleegsters of sekretaresses word en baie selde verdra word in 'n oorwegend manswêreld. Gaan sy haarself kan handhaaf? Wat van die feit dat sy, haar ambisie ten spyt, terselfdertyd 'n vrou is en bly met die versugtinge en behoeftes van 'n vrou. Is daar dan ooit plek vir liefde in haar besige lewe?
Also in
General Fiction
Elizabeth Spencer: Novels & Stories (Loa #344): The Voice at the Back Door / The Light in the Piazza / Knights and Dragons / Stories
Spencer, Elizabeth
Hardcover
$38.00
Anniversaries, Volume 2: From a Year in the Life of Gesine Cresspahl, April 1968-August 1968
Johnson, Uwe
Paperback
From $14.99
Philip Roth: Novels 1973-1977 (Loa #165): The Great American Novel / My Life as a Man / The Professor of Desire
Roth, Philip
Hardcover
From $17.99
John Updike: Novels 1978-1984 (Loa #339): The Coup / Rabbit Is Rich / The Witches of Eastwick
Updike, John
Hardcover
$42.75
Selected Writings: Robert Musil: Young Torless, Three Women, the Perfecting of a Love, and Other Writings
Musil, Robert
Agee, Joel
Paperback
$79.43
Before Gatsby: The First Twenty-Six Stories
Baughman, Judith
Fitzgerald, F. Scott
Bruccoli, Matthew J.
Paperback
$50.74
